Daar is soveel in my draft folder, soveel idees in my kkop, soveel dinge wat ek oor wil blog (en dis hoog tyd, as 'n mens kyk hoe leeg my blog is) maar ek wag. Ek wag om te weet hoe die rekenaar werk waarop ek blog. Ek wag om fotos af te laai om my blog pret te maak. Ek wag... en my blog bly leeg!
Toe kom my maatjie Dirk en herinner my met 'n eenvoudige (pienk!!!) blog, dat dit nie oor die fancy tierlantyntjies of die fotos of die kleur van my blog gaan nie, maar oor die idees wat ek daarop bewoord... Dankie Dirk en jammer aan my (twee) getroue lesers dat julle so lank moes wag vir my om te besef wat werklik saakmaak in die blog-wereld...:-)
My blog is soos Bridget Jones: wonnerlik genoeg just as she is:-)
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
3 comments:
Welkom terug. Ek kyk elke dag of jy iets geskryf het - 'just in cases'.
Joe haloe!! My staatsdiens werk is weer vir 2 minute die moeite werd!!!
Jip, julle twee!!! My lojale lesers:-) Check Dirk se (pienk) blog uit by www.dagboekvanndromer.blogspot.com!
Post a Comment