Monday, September 28, 2009

Thursday, May 24, 2007

Wednesday, April 25, 2007

'n Aap se...

Ter ere aan die Afrikaanse humor wat ek en my suster in vedrukking, Chantall, hier in die VSA aan die lewe hou...

'n Aap se 'huh' as hy klaar ge-'uh' het...:-)

Saturday, April 14, 2007

Cherry Blossom Parade








Jip, so toe gaan ek mos Cherry Blossom Parade toe...
Marching bands...
Marching bands...
Marching bands...
En natuurlik die Navy en vlieende varke (laasgenoemde nie deel van eersgenoemde nie:-)
Hoogtepunt van die dag vir 'n 22 jarige?
EK SIEN MICKEY MOUSE!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
Hoekom was dit die hoogtepunt?

WANT MICKEY IS WONDERLIK GENOEG!

Wednesday, April 11, 2007

Die hardste gedeelte...

Die afgelope twee maande, nes ek heeltmal kop wil verloor, speel daar 'n sekere liedjie oor die radio. Nounou kom my host-family terug so ek herinner myself nou maar aan daardie woorde van Rob Thomas...

Let it go
Let it roll right of your shoulders
Don't you know
THE HARDEST PART IS OVER
Let it in
Let your clarity define you
In the end
You will only just remember how you feel

This is me, signing out... for now.

Monday, April 9, 2007

Die Blog-proses

As 'n mens so na my blog-argiewe kyk, kan 'n mens nie anders as om om te let dat die bloggery met ongereelde intervalle en gevarieerde kwaliteit (met foto's ens.) plaasvind. Soos byvoorbeeld...
In Januarie is daar gereeld sinvolle (en minder sinvolle:-) inskrywings met foto's geplaas. In Februarie het dit afgeneem. In Maart was daar presies EEN nikseggende ou inskrywingtjie en nou skielik in een week is daar weer 'n hele paar van goeie kwaliteit. Kom ek verduidelik hoekom dit so werk...
Die eerste stap in my blogproses is om iets interessant en blog-waardig te doen - iets wat tans moontlik is omdat my host-family weg is en ek met verlof is.
Die tweede stap is om 'n foto te neem - met verdere onderverdeelde stappe van foto met host-kind se kabel op host-ma se rekenaar aflaai en na my e-mail-adres stuur. Alles tans moontlik omdat host-family weg is...
Wat ek dus seker wil se is... Geniet die huidige oorvloed in my blog want Woensdag is my verlof verby...

... en dit is NIE wonderlik genoeg NIE!

Sunday, April 8, 2007

Suid-Afrikaners in die VSA

Ek was by die huis nooit 'n voorstander (haha, voorSTANDER:-)) van personalized nommerplate nie, maar hier in die VSA is dit juis twee van hierdie nommeplaatjies wat in McLean, Virginia die harte warm maak. So lyk hulle...