As 'n mens so na my blog-argiewe kyk, kan 'n mens nie anders as om om te let dat die bloggery met ongereelde intervalle en gevarieerde kwaliteit (met foto's ens.) plaasvind. Soos byvoorbeeld...
In Januarie is daar gereeld sinvolle (en minder sinvolle:-) inskrywings met foto's geplaas. In Februarie het dit afgeneem. In Maart was daar presies EEN nikseggende ou inskrywingtjie en nou skielik in een week is daar weer 'n hele paar van goeie kwaliteit. Kom ek verduidelik hoekom dit so werk...
Die eerste stap in my blogproses is om iets interessant en blog-waardig te doen - iets wat tans moontlik is omdat my host-family weg is en ek met verlof is.
Die tweede stap is om 'n foto te neem - met verdere onderverdeelde stappe van foto met host-kind se kabel op host-ma se rekenaar aflaai en na my e-mail-adres stuur. Alles tans moontlik omdat host-family weg is...
Wat ek dus seker wil se is... Geniet die huidige oorvloed in my blog want Woensdag is my verlof verby...
... en dit is NIE wonderlik genoeg NIE!
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment