Vergeet van die muwwe ou drie boekies deur Topsy Smith en die bitchy tannie met die groot bril wat in Suid-Afrika as 'n biblioteek tel. Vergeet die AIS se laaaaaang rye en akademiese atmosfeer...
Dink spasie, free internet, Exclusive Books...
... en jy het 'n public library in die VSA.
Wou julle net jaloers maak.
Hoekom?
Want eks wonnerlik genoeg!:-)
Wednesday, February 28, 2007
Monday, February 26, 2007
Shear Madness...
Die snaakste gay haarkapper in die Noordelike Halfrond, 'n sleazy ou antiek-handelaar, 'n cheap Charlize-Theron-voor Hollywood, 'n DC high society wife wart haar man met haar butler verneuk en 'n vermoorde wereldpianiste. Wie es die skuldige??? Voeg 'n Frank-Opperman-as-Ouboet met Harry Potter as 'n assistent vir speurders by en jy het die play wat ek en Chantelle Pieters ('n ander Suid-Afrikaanse Au Pair hier) Saterdag aand gaan kyk het. Shear Madness, se ek jou...:-)
Die play was in die Kennedy Center (lees Amerikaanse Staatsteater). In die voorportaal is 'n groot borsbeeld van JFK (nee, NIE Jasmyn For Kiaat nie). My vraag is net, as jy nou so na die modderige tekstuur van die beeld kyk, is dit van voor sy breins uitgeskiet is of na?
Ek vra maar net...:-)
Sunday, February 25, 2007
Sneeu
Wees gewaarsku. Hierdie inskrywing in my normaalweg komiese blog, is depressing...
Die afgelope week was hier byna somertemperature en die sneeu wat die laaste twee maande my siel versmoor het, het gesmelt. My geluk het in strome gesmelte sneeu deur die strate gevloei soos die water in Duncanstraat na 'n reenstorm in November...
Vrydag het die eerste berigte op die weather-channel onheilspellend begin klink. Sleet and ice, het hulle gese, word vir Sondag voorspel. Niks, NIKS kon my egter voorberei op die gesig waarmee ek vanoggend begroet is nie...
'n Blizzard.
My hart word so koud soos die sneeu buite en die trane is onkeerbaar, want sien...
Ek verlang terug na sonnige Suid-Afrika, waar dit selfs in die winter draaglik is en waar dit groen is om jou. Nie 'n onpersoonlike, afsydige wit nie. Ek verlang om daar te wees waar ek hoort, waar ek nog altyd gehoort het en vir altyd sal hoort. Hoekom?
WANT SUID-AFRIKA IS MEER AS WONDERLIK GENOEG!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
Friday, February 16, 2007
Die verskil is...

Ek spandeer deesdae baie tyd daaraan om te dink. Een van die dinge waaraan ek gedink het is al die beroemde nannies wat my deur die jare geinspireer het...
Heel eerste moet ek seker vir Maria von Trapp (oftewel Julie Andrews) noem. Jip, daardie ideale tonele uit The Sound Of Music sal Damelia inspireer om 'n nanny te wees...:-)
Dan kom Mary Poppins, weer Julie Andrews, aan die beurt. Magic medisyne en trippies in street paintings is elke nanny (of au pair!!!!) se droom...
Laastens kan ek natuurlik nie big-haired, noisy, freaky Fran Fine as inspirasie ignoreer nie. Al is dit bloot net oor sy vir Svetlana geroep het!
Iets wat my egter opgeval het is die hulp wat hierdie kindersorggewers gehad het. Of dit nou boring Frau Schmidt in The Soud Of Music was of Cook en Ellen in Mary Poppins en om nie van die histeriese Niles in The Nanny te vergeet nie. Hoe dit ookal sy, elkeen van hulle het 'n butler of 'n kok of housekeeper gehad om uit te help. Wel, maats, ek het nie! Eks 'n als in een... Maar nouja, ek sal dit regkry. Hoekom? Jip, WANT EK IS WONNERLIK GENOEG!
Saturday, February 10, 2007
My eerste geblogde fliekresensie...
Dames en Here, maar eerder Dames as Here... Die fliek waarvoor ons almal gewag het, is hier!! Een wat jou tone laat omkrul en jou 'n traan laat wegpink in EEN BEWEGING soos wat Love Actually laas gedoen het. Een wat escapism perfek verwoord. Een wat goeie, bekende (en mooi) akteurs en aktrises so goed saamvoeg soos die chocolate fudge brownies wat Rachel vanaand vir ons gemaak het. Ek praat van...
BECAUSE I SAID SO
Diane Keaton verdien elke goeie woord wat haar sedert The Godfather toegevoeg is en Mandy Moore verdien dat ek my opinie van haar verander. Lauren Graham is briljant! Oy with the singing!!! Die vier vrouens doen 'n goeie acapella!!!
Almal word egter oorskadu deur die most underrated akteur van die eeu: GABRIEL MACHT!!! Sy spel (en karakter) is net so wonderlik (en mooi) dat jy Piper Perabo haar boringheid vergewe! En Stephen Collins, incidentally, is toe meer werd as net Eric Camden of 'n cameo as Sabrina/Nicole se pa in DRIVE ME CRAZY!
Alles kom egter terug na Gabriel - 'n engel soos sy naamgenoor alhoewel 'n bietjie minder konvensioneel. AS Johnny in BECAUSE I SAID SO, as daai NOC wat deur Colin Farrel gepop word in THE RECRUIT of as ouboet Frank in AMERICAN OUTLAWS (ek sien 'n Colin Farrel-patroon:-)... Gabriel Macht is voorwaar wonnerlik genoeg!!!

Friday, February 9, 2007
Van uitstel kom afstel
Daar is soveel in my draft folder, soveel idees in my kkop, soveel dinge wat ek oor wil blog (en dis hoog tyd, as 'n mens kyk hoe leeg my blog is) maar ek wag. Ek wag om te weet hoe die rekenaar werk waarop ek blog. Ek wag om fotos af te laai om my blog pret te maak. Ek wag... en my blog bly leeg!
Toe kom my maatjie Dirk en herinner my met 'n eenvoudige (pienk!!!) blog, dat dit nie oor die fancy tierlantyntjies of die fotos of die kleur van my blog gaan nie, maar oor die idees wat ek daarop bewoord... Dankie Dirk en jammer aan my (twee) getroue lesers dat julle so lank moes wag vir my om te besef wat werklik saakmaak in die blog-wereld...:-)
My blog is soos Bridget Jones: wonnerlik genoeg just as she is:-)

Saturday, February 3, 2007
Keldermens
Van kelder tot kelder. Dames en Here, ek is op die kelder-tot-kelder-toer van die Verenigde State van Amerika. Van 'n oranje mat-kelder in Denver tot 'n blou-mat kelder in Potomac...
Maar as ek daaraan dink, het hierdie kelder-toer vroeer begin...
In die kelder van Dr. JC van langsaan se spreekkamers, KELDER in Taaibos, die kelder van die GW...
Lyk my ek was maar nog altyd 'n keldermens!! Wel, 'n helder kelder vir elkeen van julle!!! :-)

Subscribe to:
Posts (Atom)