Die snaakste gay haarkapper in die Noordelike Halfrond, 'n sleazy ou antiek-handelaar, 'n cheap Charlize-Theron-voor Hollywood, 'n DC high society wife wart haar man met haar butler verneuk en 'n vermoorde wereldpianiste. Wie es die skuldige??? Voeg 'n Frank-Opperman-as-Ouboet met Harry Potter as 'n assistent vir speurders by en jy het die play wat ek en Chantelle Pieters ('n ander Suid-Afrikaanse Au Pair hier) Saterdag aand gaan kyk het. Shear Madness, se ek jou...:-)
Die play was in die Kennedy Center (lees Amerikaanse Staatsteater). In die voorportaal is 'n groot borsbeeld van JFK (nee, NIE Jasmyn For Kiaat nie). My vraag is net, as jy nou so na die modderige tekstuur van die beeld kyk, is dit van voor sy breins uitgeskiet is of na?
Ek vra maar net...:-)
1 comment:
Wowie juffels, klink my jy't darem al biki fun... en maatjies... (hoop jy kan die sweempie jaloesie optel)!!
Bly jy geniet meer, sneeu en al!
Verlang!
Post a Comment