Sunday, February 25, 2007

Sneeu


Wees gewaarsku. Hierdie inskrywing in my normaalweg komiese blog, is depressing...

Die afgelope week was hier byna somertemperature en die sneeu wat die laaste twee maande my siel versmoor het, het gesmelt. My geluk het in strome gesmelte sneeu deur die strate gevloei soos die water in Duncanstraat na 'n reenstorm in November...
Vrydag het die eerste berigte op die weather-channel onheilspellend begin klink. Sleet and ice, het hulle gese, word vir Sondag voorspel. Niks, NIKS kon my egter voorberei op die gesig waarmee ek vanoggend begroet is nie...

'n Blizzard.

My hart word so koud soos die sneeu buite en die trane is onkeerbaar, want sien...

Ek verlang terug na sonnige Suid-Afrika, waar dit selfs in die winter draaglik is en waar dit groen is om jou. Nie 'n onpersoonlike, afsydige wit nie. Ek verlang om daar te wees waar ek hoort, waar ek nog altyd gehoort het en vir altyd sal hoort. Hoekom?

WANT SUID-AFRIKA IS MEER AS WONDERLIK GENOEG!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

2 comments:

in said...

My juffels!! BYT VAS!!! oor minder as 'n jaar of twee gaan ek en jy nog vroeg-vroeg opstaan (ja VROEG) om in daai einste Duncan straat te oefen vir die comrades wat ons gaan hardloop... Die warm AFRIKA son sal ons waarskynlik 'n klein biki brand, maar ons sal nie omgee nie!!! Dit gaan verby en Amerika word lekker warm (selfs as dit koud is in Potties - as dit moontlik is)! BYT VAS!

Anonymous said...

Flipit, dit lyk koud! Dis genoeg om enige mens 'n bietjie huilerig te maak. Wens ek kan vir jou 'n bietjie sonskyn faks.