Dames, vandag wil ek graag met julle die Matthew-fenomeen bespreek. Ek praat nie nou van die Engelse Bybelboek of Liewe Heksie se kat (sou hy Brits raak) nie, maar regte, egte vleeslike Matthews wat hierdie wêreld 'n beter plek (vir vrouens) maak...

Eerstens 'n huldeblykie aan die Matthew wat hierdie inskrywing geinspireer het. Matthew Goode (foto heel hiernaas). Meisies, hierdie Britse oukie is nou maar eenmaal asembenemend pragtig. Die foto doen hom nie justice nie. Sien MATCH POINT en CHASING LIBERTY (laasgenoemde net as jy vir Mandy Moore kans sien) vir verdere bewyse.

Die volgende Matthew is natuurlik die nimlike Matthew McConnaughey. 'n Mens kan hom sy Sahara-foutjie vergewe vir die uittrek van daardie T-Shirt in How To Lose A Guy In 10 Days. (It feels like home to me too, Matthew...:-)
Laaste, maar allermins die minste, Matthew Perry!! As julle my profile op die blog gelees het, weet julle reeds hoe ek oor hierdie Matthew voel en die allewige FRIENDS re-runs op al wat Amerikaanse TV stasie is hou my gelukkig. Een kyk na hierdie (of die ander twee) Matthews en dit voel of die minste is wat ek kan doen is om elkeen van julle 'n Matthew-gevulde lewe toe te wens. Hoekom? Want HULLE is wonderlik genoeg!
PS: Voel vry om my van enige Matthews wat ek vergeet het te laat weet!!! Hoe meer Matthews, hoe beter...
1 comment:
Matthew Broderick? Ek's nie juis 'n fan nie, maar hy was darem in Stepford Wives en daai ander een met Meg Ryan...
Post a Comment