Sunday, January 21, 2007

Die Ewige Drenkeling


Kom ons praat oor pragtige, dierbare Kevin Costner se geneigdheid om te verdrink...


Wie sal ooit die dramatiese lewensreddende tonele aan boord van die Catherine aan die einde van Message In A Bottle vergeet waar onse held Kevin die tydelike vir die ewige verruil in 'n giggelgeel reƫnjas? Of meer onlangs, in die Titanic-vir-mans-metAshton-Kutcher-as-Rose, The Guardian, waar Mnr. Costner skoon be'gees'terd raak na sy verdrinking? Daar is ook, as jy jouself so ver kan laat terugdink, die geveg in die water in Dances With Wolves en die ge-kaalswemmery in Robin Hood Prince Of Thieves. Toegegee, hy't nie in die laaste twee actually verdrink nie (hulle word eerder gekenmerk deur die tentoonstelling van 'n welgevormde maar spierwit agterstewe), maar kan iemand die man nie net uit die water hou nie?!!


En dan tref dit my soos 'n emmer, umh, water...

Kevin Costner moes 'n vis gewees het! Dis somebody say Waterworld?? :-)
PS: As julle dit nou nog nie agtergekom het nie, ek laaik dit om pictures te insert...

No comments: