Monday, January 29, 2007

Die ander kant van die pad

In Brittanje, Suid-Afrika, Australië en ander voormalige Britse kolonies ry 'n mens aan die linkerkant van die pad, jou stuurwiel is aan die regterkant van jou kar en jou spoed en afstand word in kilometers gemeet. In die VSA is dit alles andersom. Watter kant is die regte kant? RegteRkant? Neewat, dit is nie 'n debat waarin ek wil betrokke raak nie...Ek weet net ek bevind myself aan die ander kant van die pad...
Dit behels die oormatige gebruik van ander mense se toeters, die skuif van spieëltjies en uiterste konsentrasie ("Sorg net dat JY (as bestuurder) in die middel van die pad is")...
Jip, ek is besig om my bestuurservaring in die sneeu aan die ander kant van die pad in myle op te doen. Geen ongelukke tot dusver nie, though, touch wood...

PS: Sedert die skryf van die eerste helfte van hierdie blog het ek my eerste ongeluk gemaak... Nie op straat nie, nee, ek het (met die kind in my arms) 'n verdieping ver van die trappe afgebliksem!!! Geen skade aan hom, bloukol-galery vir my... Lag en lag klaar:-)

2 comments:

Anonymous said...

Betta-vrou... Plaas jy bo-op hom geland het. Dis was mos nou die ideale geleentheid vir bietjie wraak neem.

in said...

Sien superwomen... (of catstan) Die kind kanni help sy ma is 'n bitch en 'n teef nie... Ouch though!!