Dames en Here, maar eerder Dames as Here... Die fliek waarvoor ons almal gewag het, is hier!! Een wat jou tone laat omkrul en jou 'n traan laat wegpink in EEN BEWEGING soos wat Love Actually laas gedoen het. Een wat escapism perfek verwoord. Een wat goeie, bekende (en mooi) akteurs en aktrises so goed saamvoeg soos die chocolate fudge brownies wat Rachel vanaand vir ons gemaak het. Ek praat van...
BECAUSE I SAID SO
Diane Keaton verdien elke goeie woord wat haar sedert The Godfather toegevoeg is en Mandy Moore verdien dat ek my opinie van haar verander. Lauren Graham is briljant! Oy with the singing!!! Die vier vrouens doen 'n goeie acapella!!!
Almal word egter oorskadu deur die most underrated akteur van die eeu: GABRIEL MACHT!!! Sy spel (en karakter) is net so wonderlik (en mooi) dat jy Piper Perabo haar boringheid vergewe! En Stephen Collins, incidentally, is toe meer werd as net Eric Camden of 'n cameo as Sabrina/Nicole se pa in DRIVE ME CRAZY!
Alles kom egter terug na Gabriel - 'n engel soos sy naamgenoor alhoewel 'n bietjie minder konvensioneel. AS Johnny in BECAUSE I SAID SO, as daai NOC wat deur Colin Farrel gepop word in THE RECRUIT of as ouboet Frank in AMERICAN OUTLAWS (ek sien 'n Colin Farrel-patroon:-)... Gabriel Macht is voorwaar wonnerlik genoeg!!!
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
3 comments:
Ag nee... Geen bruikbare inligting oor d fliek behalwe dat gabriel wieookal pretty oulik is en siende dat ons in 'n 7de wereldse land bly, sal ek nog so 7 mde moet wag om uit te vind presies HOE oulik!! Sal maar intussen jou woord daarvoor vat jufferoo!!
Lauren Graham!! Jippee!! Sy's 'n genius en defnitief ook underrated.
Mmh, Inles, bruikbare inligting... 'n ma met drie dogters. Die oudste, 'n sielkundige, die middelste 'n seksslaaf en die jonsgte 'n kok - soos haar ma... Groot konsternasie as die ma vir die jongste begin man soek... Daar's troues, hiperaktiewe kinders, laringhitis en baie pret... Geniet dit oor sewe maande:-)
Post a Comment