

Ek spandeer deesdae baie tyd daaraan om te dink. Een van die dinge waaraan ek gedink het is al die beroemde nannies wat my deur die jare geinspireer het...
Heel eerste moet ek seker vir Maria von Trapp (oftewel Julie Andrews) noem. Jip, daardie ideale tonele uit The Sound Of Music sal Damelia inspireer om 'n nanny te wees...:-)
Dan kom Mary Poppins, weer Julie Andrews, aan die beurt. Magic medisyne en trippies in street paintings is elke nanny (of au pair!!!!) se droom...
Laastens kan ek natuurlik nie big-haired, noisy, freaky Fran Fine as inspirasie ignoreer nie. Al is dit bloot net oor sy vir Svetlana geroep het!
Iets wat my egter opgeval het is die hulp wat hierdie kindersorggewers gehad het. Of dit nou boring Frau Schmidt in The Soud Of Music was of Cook en Ellen in Mary Poppins en om nie van die histeriese Niles in The Nanny te vergeet nie. Hoe dit ookal sy, elkeen van hulle het 'n butler of 'n kok of housekeeper gehad om uit te help. Wel, maats, ek het nie! Eks 'n als in een... Maar nouja, ek sal dit regkry. Hoekom? Jip, WANT EK IS WONNERLIK GENOEG!
2 comments:
Hoop nie jou baas is soos Captain Von Trapp (voor Maria) of George Banks (voor Mary)nie!
en jy weet dit!! nou, at least... dalk nie laas jaar nie, maar NOU KAN JY!! hoeko? want jy's... ag almal keni antwoord!!
Post a Comment