Tuesday, January 30, 2007

Laaste dag

More laat ek die sneeu en ys en poefdoeke agter. Maats, ek is liberated...

Maar 'n dag soos vandag laat my aan al die ander laaste dae dink. Jou laaste dag in die skool, jou laaste dag in die koshuis, jou laaste dag op 'n kamp, naweek of roadtrip, jou laaste dag by 'n sekere werk of jou laaste dag in jou land.

Dan is daar die laaste dae wat nog kom...

Die laaste dag voor jy jou eie besigheid begin, die laaste dag voor jy trou, die laaste dag wat jy geliefdes sien en uiteindelik die laaste dag wat jy lewe.

Die punt is egter nie die laaste dae nie, maar die eerstes wat op al die laastes volg! Mag jou eerstes jou laastes heeltemal oorskadu!!

2 comments:

in said...

Juffels, dis depressing!!! Kani wag viri 1ste dag dat jy terug is nie though... Lekker trek!

d27 said...

Griet, ek haat ook laaste dae. Maar eerste en laaste dae is ook net soveel, dis die dae tussen in wat die laaste dae hartseer maak, maw, dis die dae tussen in wat eintlik tel