Thursday, January 25, 2007

Chuck E. Cheese




Oftewel Chucky Cheese soos wat ek in my Suid-Afrikaanse onskuld gedink het 'n mens dit spel. Nee, mense, dit is 'n muis genaamd Chuck met 'n ekstra voorletter, E. Soos Magrietha M. Stander... Belaglik.


Anyhow, dis kinder-hemel (grootmens-hemel ook as jy die pizza tel). Elke ride en rekenaarspeletjie waaraan jy kan dink kos 'n quarter-token elk. Jy kan foto's neem (soos julle kan sien het die uwe spesifiek besonder pret met die foto-nemery gehad) en op 'n klimraam (plastiekspek-loos hierdie keer) rondklouter - alles op die maat van I Want You To Want Me gesing deur 'n muppet in hakskoene...


... jip, welcome in America!!!

2 comments:

in said...

Geen worries! Ook nog altyd gedink gedink dis chucky, soos d mal pop!! Nou wat maak di muis so grand dat hy 'n middel name het...? NOgsteed niks verder oor plastiekspek!!!! (klink walglik en weier om te glo dat Veronica dit sal goedkeur...)

Anonymous said...

Hey, dit klink pret! Ek dink ons moet dit ook in my trippie inwerk.